5 by 5 met Corli Botha

by Cakebread November 16, 2016 0 comment
Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

screen-shot-2016-11-16-at-11-21-20-am

Ek het onlangs begin met vraelyste stuur aan mense in die kosgemeenskap, dit is mos altyd fassinerend om te sien hoe ander mense dink en doen.

Die idee was vir 5×5, vyf vrae met 5 antwoorde elk.

Blykbaar tik ek vinniger as wat ek tel en het vir Corli Botha, waardige wenner van Koekedoor , sommer toe 6 vrae gestel. 

Hier dan is Corli se 5×6.


5 allerdaagse gunstelinge

  • Simba Sout en Asyn chips
  • Goeie rooiwyn
  • Enige Tydskrif of Resepteboek
  • Grondboontjie en stroop broodjie
  • Parfuum en rooi lippe

 5 interessante dinge wat meeste mense nie van jou weet nie

  • Ek drink glad nie koffie nie, tot my spyt en hartseer, weens gesondheid redes  – maar geniet als anders
  • Verslaaf aan Steri Stumpies
  • Ek speel golf
  • Versot op goeie lyf en gesig vogroom, kan nie daarsonder nie
  • Ek koop elke week vir myself blomme, net omdat ek glo mens moet

 5 gunsteling afrikaanse liedjies:

  • TWEE: Ek sweer
  • Niel Somers: Silwerkombers
  • Adam: Hoogtevrees
  • Elvis Blue: Erens in die middel van Nerens
  • Steve Hofmeyer: Blou Ballon

5 gunsteling bloggers of instagrammers:

  • Modern Mommy Blog
  • Bosslady Mindset Instagram
  • FoodyDIY Instagram
  • Jamie Oliver Magazine Instagram
  • Nog altyd en verseker “Huiskok”

5 beste raad wat jy al gekry het:

  • Moenie die klein dinge sweet, en moenie die sweet dinge troetel…. Doen dit net!!
  • Wanneer jy af voel, gryp net jou eie boudeJ
  • As jou plan nie werk nie, verander jou plan, maar nooit jou doelwit of droom
  • Selvertroue en voorkoms loop hand aan hand
  • As niks reg gaan… gaan links!

5 gebeurtenenisse wat my loopbaan/lewe beinvloed het:

  • My Colourworks International kursus
  • Kyknet se Koekedoor deelname
  • Die titel MA: het my laat besef my hart loop buite my lyf
  • My tyd en werk in korporatiewe wereld – het my mense kennis geleer.
  • Daaglikse mense en kliente wat ek ontmoet wat elk onwetend ‘n invloed en bydrae lewer en my iets van myself of hulle leer.

 

Gaan kuier gerus vir Corli by Corli’s Kitchen & Road Café in Pretoria, oop vir die publiek vanaf Januarie 2017. Die ontwerp hier is Steam Punk, so industrieel `vintage` met `n blik op `n alternatiewe toekoms. Hier word alles met die handgemaak. Met winkel, deli en kombuis stap jy hier uit met meer as `n maag vol onvergeetlike kos. 

Logos

 

O, en nog `n ding, wat jy dalk nie van hierdie bakkompetiese-wenner weet nie, is dat sy selfs meer kok as bakker is.

corli-se-kombuis

 Ek was gevra om die voorwoord te verskaf vir Corli se Kombuis, haar debuut kookboek. Heerlike, prakitese resepte, en met Corli se agtergrond as spysenier weet jy hierdie resepte is oor en oor deur haar al gemaak en dus so verfyn tot perfeksie. Soek hom aanlyn of by bekende boekhandelaars.

 

 

VOORWOORD:

Dit was ’n voorreg om Corli en haar talente beter te leer ken tydens die tweede reeks van Koekedoor. Toe Corli tussen honderde hoopvolles by die uitdunrondtes van Koekedoor instap met haar pikgitswart, blink wipkuifie, het ons dadelik gemerk hier is iemand met daardie X-faktor. Haar suurlemoen-jogurtkoek het die hele paneel verheug en sy is deur na die uitkloprondte. Met kalm grasie, terwyl al die ander deelnemers wild rondgeskarrel het, lewer sy toe die perfekte pasteitjies.

Op die Koekedoor-stel is daar tot tien kameras op die deelnemers. Hulle kan niks wegsteek nie. Wat my veral van haar beïndruk het, is dat sy voortdurend vriendelik en gaaf gebly het met die filmspan en kombuispersoneel. Wat Elizabethweer van Corli bybly, is haar bereidwilligheid om van almal te leer. Corli het die tyd wat sy in Frankryk deurgebring het (waar haar man, Gary, vir Toulouse se rugbyspan uitgedraf het) gebruik om meer oorgebak te leer. Sy gebruik daardie kennis om die allerpragtigste Suid-Afrikaanse gebak met ’n kinkel te lewer. Met realiteitstelevisie leer ’n mens vinnig dat jy nooit voor die tyd ’n wenner kan kies nie, maar ’n waardige wenner soos Corli is enige produksie se droom. Met haar kennis van fyngebak, saam met haar agtergrond in spyseniering, verwag ons dat sy ’n belangrike stem in ons koswêreld gaan wees – Suid-Afrika se eie Rachel Khoo.

Corli was voorheen ook ’n voorkomskonsultant. Ek vermoed dat sy selfs, as jy haar in die middel van die nag wakker maak, perfek gaan lyk: blom in die hare en al.

Mari-Louis Guy


corli-resep

Corli se Amandelkaramelhappies

 

lewer 1 bakplaat

 

50 g amandelsplinters

’n groot knippie Maldon-sout

115 g gesoute botter

125 g witsuiker

15 ml glukose of gouestroop

15 ml water

 

  1. Verbruin die amandelsplinters in ’n kleefvrye pan tot goudbruin, voeg die sout by en hou eenkant.
  1. Spuit 2 stukke bakpapier, ongeveer so groot soos ’n bakplaat, met kleefwerende kossproei.
  1. Plaas die botter, suiker, glukose of gouestroop en die water in ’n klein swaarboomkastrolletjie, verhit oor medium hitte en hou aan roer tot die mengsel kookpunt bereik.
  1. Laat prut tot dit die hardekraak-stadium by 150 ˚C bereik en goudbruin van kleur is.
  1. Verwyder van die hitte en voeg dadelik die amandelsplinters by en meng deur.
  1. Giet die karamel uit op die een stuk bakpapier en plaas die ander stuk bo-op.
  1. Gebruik ’n koekroller en rol uit so dik of dun soos wat jy dit wil hê. Laat afkoel.
  1. Wanneer die karamel verhard het, kan jy dit in stukke breek om later te gebruik of sommer net so geniet.

Dié heerlike,soet happies kan ook as versiering vir ‘n nagereg of koek gebruik word. Maar wees gewaarsku,dit

verdwyn vinnig.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

You may also like

Leave a Comment