Die Kitchen Vixen se 5×5

by Cakebread March 1, 2017 0 comment
Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Foto deur Ian du Toit

Sy is super-talentvol, skreeusnaaks, ken haar kos. Ons is al so lank vriende dat ons amper familie is. Sien Bianca Du Plessis se 5 x5, dan so paar stories oor ons. Volg haar blog by www.kitchenvixen.co.za. Dit sal jou lewe beter maak.

Jy het ‘n paar jaar in Spanje gewoon. Gee 5 voorbeelde van hoe dit jou palet beinvloed het?

  1. Olyfolie: Voor Spanje het ek olyfolie gesien as die basis van ‘n dis of sous. Nou gebruik ek dit as ‘n belangrike geurkomponent en manipuleerder van tekstuur. Ek snork vir die 15ml wat in resepte voorgeskryf word en hou die bottel sommer lank onderstebo oor die pot of bak. Gereelde gaste weet my kos is nie olierig nie. Ek beplan ‘n dis rondom die tyd wat olyfolie benodig om met ander bestanddele te bind.
  2. Chorizo is seker Spanje se bekendste wors. Maar ek vrek oor fuet. Dis ‘n dun, gerookte varkwors van Katalaanse oorsprong, sonder die gerookte paprika wat chorizo sy kenmerkende geur gee. Dit het ‘n ryk, sagte, smelt-in-die-mond opvreetbaarheid – natuurlik van al daai varkvet. Ek en ‘n halfmeter-lange fuet het een dag in ‘n park gesit en toe sê ek, “Ek like jou, maar jy maak my fuet!”
  3. Spanje was vir baie lank vreeslik arm en hierdie volk weet hoe om met ‘n paar eiers te toor. Die eenvoud van ‘n vars aartappel-en-ui tortilla is hemels. Daar is min dinge wat ewe lekker proe vroegoggend met koffie, deur die dag op ‘n drafstap, saans met jou eerste glas wyn, of laatnag as die hongerpyne pla.  Repeat after me: tor-tie-jah!
  4. Hoekom melk ons boere nie hul skape nie? Ek mis skaapmelkkase of kase gemaak met ‘n mengsel van bok-en skaapmelk. Selfs nog meer as jámon, en dit sê baie. Droog dog romerig, met ‘n skerp invalshoek en allerhande delikate nadraaie wat dit geweldig bevredigend op die tong maak. As iemand kans sien om die skape te melk, sal ek die kaas maak. Bel my.
  5. Spanjaarde glo dat ‘n mens geken kan word aan die kwaliteit van sy of haar tamaties. En tamaties word in Spanje met baie respek behandel. Daar is gemengde slaaie met alles en nog wat in, maar die mees algemene slaai is gewoon tamaties, geskil en in dikkerige skywe gesny, bedruip met baie olyfolie, ‘n stewige knip sout en ‘n paar druppels wynasyn. Die fêncy weergawe spog met ansjovisfillette en fyn gesnyde rooi uie. As alles verby is, moet mens ‘n stuk brood deur die oorskiet sous in die bak trek.

Jy is ‘n werkende ma van ‘n 4-jarige seuntjie. Wat is sy 5 gunsteling aandetes?

  1. Tuisgemaakte chicken nuggets en chips. Hy het al opgemerk dit is beter as die gekoopte Chicken Pops…
  2. French toast & bacon. Vinnig en fabulous.
  3. Baby paella: rys met chorizo en hoender. Ek moet sy Spaanse bloed ook voed.
  4. Pizza. Oor naweke kook ek en Dr Oetker gereeld saam aan die ene.
  5. Lamsvleis, aartappel en groente. Ma se kind.

 

5 Koswenke wat jy nooit sal vergeet nie

  1. Scone deeg moet soos ‘n tietie voel, dan is dit reg! Dié juweel dateer beslis uit die era voor silikoonborste. Voel maar gerus, as jy weer scones bak…
  2. “A sandwich must contain air and water.” My oorlede vriend Edrich Gorfinkel het die spyker hiermee op die kop geslaan. Daar is deesdae heerlike brood te koop maar die toebroodjies proe gereeld minder lekker as wat hulle lyk, ondanks die luukse vulsel. Dalk omdat dit water en lug kort. Water kom deur souse, tamatie, komkommer, blare – enigiets met ‘n waterinhoud. En lug word geskep deur fyn lae van verskillende teksture wat lugpakkies tussendeur vorm. Niks kan in ‘n vakuum floreer nie, ook nie geure nie.
  3. Voeg altyd ‘n knippie suiker by enige tamatiedis, maar nét ‘n knippie! My ma. Beste huiskok van haar era.
  4. Maak jou slaaisous onder in die bak aan, voeg dan uie en harder slaaibestanddele by in lae, met die sagste bestanddele bo-op. Laat so staan en roer deur net voor jy bedien. Die onderste lae marineer in die sous terwyl die res vars en krakerig bly.
  5. Plaas ‘n klam lappie onder ’n plank of bak dat dit nie rondskuif terwyl jy sny, roer of klits nie.

5 kos trends wat ek nooit weer wil sien nie

  1. Muffins so groot soos my kop
  2. Kos wat swart gekleur word met inkvis
  3. Briekmerke op borde
  4. Skuim
  5. TexMex of pub grub wat voorgee om tapas te wees

5 Retro trends wat maar kan terugkom

  1. Safari etes – waar almal van huis tot huis toer en een dis by elk eet (ons kan mos Uber)
  2. Tuisgebakte verjaardagkoeke met doodgewone, eetbare versiering.
  3. Gepekelde groente.
  4. Regte moerkoffie. Single Origin blah blah.
  5. Perlemoen. As dit maar kon…

 

 

 


Hoekom is alles wat ek bak so k@k?

Mari-Louis Guy answers the Prost! Questionnaire

 AND THEN, ON SUNDAY, A VERY REAL WEDDING….

For reasons too numerous to mention, my friend Callie Maritz is a legend. Suffice to say if you partied at the Onverklaarbar in Hermanus in its heyday, you’ll know Callie. On Sunday he finally took himself off the market by marrying Claudia, the most gorgeous woman and the mother of his 4-month old son, Pierre. In an aunt’s garden in Rosebank, Callie and Claudia tied the knot and baby was christened.

Love, love, love

It was a super relaxed affair. The service was quite… interactive… there were so many little people present, at one point it looked like they were getting married in a kindergarten. The babes were all on their best behaviour and only added to the charm of the day.

Mini witnesses everywhere

As one half of the ubertalented Cakebread team (with his dynamo of a sister Mari-Louis Guy) I expected the desserts to be 100% gorgeous.

Given time, their lovely book ‘Cakes to Celebrate Love and Life’ will outsell Wilbur Smith

For once Callie was less concerned with the cake table and lavished loads of attention on this little fellow.

This little piggy went to Salt River market…

 

Fit for a groom

I know how this pic might upset sensitive readers but it was Callie’s big day and that’s that. Of all the heartfelt moments at their wedding, I think this picture captures the spirit best…

A love knot

It was by far the most relaxed wedding I’ve ever attended. Unlike Will and Kate they kissed often and laughed loudly. Big love to the radiant bride, her forever ouskool-cool hubby, and their beautiful bundle of boy!

 

 

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

You may also like

Leave a Comment