Theresa de Vries- Van DeegKoninginne en die geDoorte

by Cakebread September 20, 2017 0 comment
Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

 

 

 

Vriendskappe vorm soms op vreemde plekke. Lank, lank gelede met Kyknet/Homebrew Films se GeDOORte in sy heel eerste mantel, Kokkedoor, ry ek en Callie laatnag langpad Prince Albert toe. Ons was gasbakkers op 1 van die eerste episodes van `n projek wat paar jaar later my lewe sou oorneem in die gewaad van Koekedoor, toe Kokkedoortjie en eersdaags Koekedoortjie.

 

Anyway, op stel ontmoet ons toe vir Theresa ( trouens naaswenner Seisoen1) en daar is dadelik aanklank tussen my en haar. Nie net oor die bak ding nie, maar boonop is ons beide Namakwalands getoee en het met dieselfde kanaalwater as ek groot geword. Mos mense van dieselfde kerk sou die ou mense se.

Haar aweregse plattelandse humor laat my skaterlag, veral as sy uitkom met met idioome soos `selle bobboejaan, net langer ketting` om iets wat min of meer dieselfde is te beskryf.

Jare later is ons nie net goeie vriende nie, maar natuurlik ook mede kookboek outeurs in Human&Rousseau se stal.

Haar boek, DEEG, lees soos `n bybel vir bakkers. As jy hierdie boek deurwerk sal jy wraggieswaar nooit ooit weer `n enkele ander woord oor die kuns van tert en pastei deeg te lees nie.

As jy bonoop verkies om die fynere kunsies uit die hond se mond te leer, moet nie die geleentheid om een van hierdie Deegkoningin se klasse by te woon jou laat verby gaan nie. Selfs met al mu jare van tuis en professioneel bake n met 2 bakboeke onder my naam het ek die klas wat ek bygewoon het verlaat met `n arsenal nuwe inligting en idees. Volg haar gerus op Facebook om te leer wanneer en waar jy een van haar kursusse kan bywoon.

Selfs ma Este het daar uitgestap met haar eerste en perfekte Melktert. En dit van `n vrou wat jare lank nooit `n melktert eens wou probeer het nie.

—————————————————————————————————————————-

Daar is die wanindruk dat mense soos ons wat onder die `vryskut` vaandel werk, baie vryetyd het.

Ons is mos nie vir elke dag geboek nie so ons het heerlike dae af tussenin waar ons nie soos ander die 8-5 inklok te hoef doen nie.

Ha en helaas. Daardie dae word ingesluk deur pre-produksie vergaderings, beplanning, voorbereiding, inkopies, adminsitrasie en meer. Dan is daar projek datums wat verander of verleng en ewe skielik is ons weke lank elke dag ( naweke en vakansie dae ingesluit) aan die hardloop vir 16 uur per dag.

Juis so woelige storie slaan ons toe in Julie. Maar Theresa de Vries se bekendstelling van DEEG gebeur by Mynhardt ( ook van Kokkedoor Seisoen 1) se Kombuis in die Paarl. Ek wil dit mis vir niks en sweer Callie die dood voor die oe as hy nie ons dagboek oophou vir die geleentheid nie.

Op die dag is ek gepoeier van kop tot toon, selfs Callie se hare is vars gesny en ons vat die pad Paarl toe.

Sommer vroeg vroeg want ons wil nie in middagverkeer op die N1 vas sit nie. Die pad is oop en ons land sommer al 4 uur in daai lang hoofstraat, 2 ure te vroeg. Ons gaan sit in `n eetplek en die tyd af voel sommer soos `n mini vakansie. Ons bestel net drankies want ons wil nie magies vul met iets anders as die heerlike melktert en ander deeghappies wat op ons wag nie.

Twee uur later sit ons voor Mynhardt se geslote deur. Vaal uitdrukkings en mae wat grom, want ek het die datum verkeerd gehad. Een hele dag te vroeg. Natuurlik skiet ons toe die volgende dag tot 7 uur die aand.

Ek bel Theresa en met daardie pragtige aksent kan sy net lag en sê – ai my mens.

So is ons vriendskap – erg vergewend – ons het mos dieselfde kanaalwater gedeel.

—————————————————————————————-

 

Ons het met Theresa gesels oor  deeg en dinge

Jy is bekend as die deegkoningin – gee vir ons 5 tips hoe om met blaardeeg te werk.

  • Hou die botter of margarien koud, byna gevries.
  • Rol die botter of margarien in die voorbereide meel terwyl jy dit daarin rasper, dit verseker dat die botter lekker los in die meel is.
  • Voeg die yswater baie stadig by terwyl jy dit met jou vingers deur die meel roer.
  • Voeg yswater by tot die deeg net bymekaar kom in ‘n bal en plaas in kleefplastiek.
  • Maak klein hoeveelhede aan en hou dit oornag in die yskas of ten minste vir een uur voor gebruik.

Jy kan omtrent alles doen – slag, lekkers maak ens. Wat is daar wat ons nog nie van weet nie?

  • Ek hekel en brei graag…….en ek stel baie in politiek belang!

As mens in jou geweste kom kuier wat is die top 5 dinge om te doen of the beleef?

  • Ons bly maar baie afgeleë, maar net om buite te sit en die stilte te beleef is vir baie iets besonders.
  • Jy kan op jou rug lê en die sterre bewonder wat so naby en helder skyn.
  • Op ons plaas is grafte uit die Anglo Boere-oorlog en murasies van ‘n dorpie wat vroeër bestaan het.  Hele geskiedenis daaromtrent.
  • Die Sakrivier loop net elke 10-13 jaar in vloed en destyds was dit ‘n standhoudende rivier waaruit erwe gesny is.  Daar is destyds leibeurte bepaal deur ‘n Waterhof!
  • Verneukpan is net om die draai.
  • DV van volende jaar Mei af sal my huis oop wees vir dagkursusse in tertdeeg, vleisbewerking en tradisionele broodbakkuns.(soetsuurdeeg, aartappelsuurdeeg en heuningmoersuurdeeg)
  • Ek gaan inskakel by 2 toerismeroetes o.a die Kokerboomroete tussen Upington-Kakamas-Kalahari en Kenhardt. Die ander een sal ‘n sirkelroete wees wat op’n plaas buite Williston begin, Brandvlei insluit en weer in Williston eindig… ek hou julle op hoogte!

Jou gunsteling kosmense ?- kom ons gaan maar oorsee want hier gaan jy dalk op tone trap. 

  • Paul Hollywood… hy KAN bak en ek is mal oor iemand wat die deegkuns verstaan.
  • Eric Lanlard…. Hy maak die mooiste nageregte.
  • Anna Olson… Sy maak bakwerk maklik lyk en het baie oulike idees.
  • Ree Drummond… Sy woon ook op ‘n  afgeleë plaas soos ek en sy inspireer my met haar deursettingsvermoë en maklike en interessante kos.
  • Rick Stein…. Hy ken sy seekos en is ‘n baie interessante mens.

Wat het jy altyd in jou koskas? – jy bly mos nie in die dorp nie.

Regte botter, goeie Cheddarkaas,Bruismeel, groot verskeidenheid speserye, blikkies sweetcorn en baked beans,melk, eiers,tamaties,Mrs Balls blatjang,bier en wyn!

Jou eie top 5 gunsteling disse?

  • Hoenderpastei met skilferkor.
  • Gebraaide lamsrib.
  • Weskuskreef vars in seewater teen die see gekook, bedien met mayonnaise.
  • Melktert.
  • Karringmelkpoeding , bedien met gouestroop of appelkooskonfyt.
  • Vars gebakte pannekoek met kaneelsuiker en skeut suurlemoensap oor.

Watter kostrends het jou koud gelaat?

Groente smoothies en banting brood.

Wat is die grootste foute wat mense met deeg maak?

  • Mense het nie die regte meetapparaat nie, dan is daar te veel of te min meel of vloeistof en dan probeer hul korrigeer en versteur dan die hele verhouding tussen smeer en meel.
  • Mense hanteer die deeg te veel en dit veroorsaak ‘n taai produk.
  • Mense is te haastig om te bak, hul laat nie die deeg rus nie. Dan krimp die kors.
  • Sommiges gebruik ‘n laevetsmeer met katastrofiese gevolge.

 

————————————————————————————-

 

Met die saamstel van ons onlangse boek, Die Suid-Afrikaanse Melktert Versameling, het ons onder andere by heelwat bekende bakkers hulle resepte gevra. Sonder skroom het Theresa ons ook hare gebied. Ons het egter besluit om dit nie in te sluit nie, juis omdat DEEG op pad was. Glo maar, hierdie resep is fantasties.

 

Theresa se Spog-Melktert uit DEEG.

SKILFERKORSDEEG

Die deeg is genoeg vir 3 melkterte.

500 g koekmeel, plus 1 koppie ekstra

5 ml sout

300 ml yswater

15 ml suurlemoensap of brandewyn

2 eiergele

500 g yskoue botter of margarien,

  in 3 gelyke dele gesny

5 ml kremetart

  1. Meng die 500 g koekmeel en die sout saam in `n mengabk.
  2. Klits die water, suurlemoensap ( of brandewyn) en eirgele saam.
  3. Gooi die vloeistof by die meelmengsel en meng tot `n deeg.
  4. Knie die deeg tot elasties, of gooi dit 100 keer hard op die werkoppervlak.
  5. Rol uit in `n reghoek van 30×35 cm-en 5 mm dik- op ` n meelbestrooide oppervlak.
  6. Meng die 250 ml koekmeel en kremetart in `n wye bakkie en hou eenkant.
  7. Rol een derde van die smeer in die kremetartmengsel en rasper dit oor die hele oppervlak van die uitgerolde deeg. Versprei die smeer so egalig moontlik.
  8. Vou die linkerkantste deel van die deeg oor na die middel.
  9. Vou die regterkantste deel van die deeg oor die gevoude deel.
  10. Vou die onderste punt van die deeg oor na die middel en die boonste deel oor die onderste deel.
  11. Gebruik `n rolstok en druk die deeglae goed opmekaar vas. Rol dit nou weer uit.
  12. Herhaal die rasper en toevouproses nog  1 keer. Rol die deeg weer uit.
  13. Herhaal die rasper en toevouproses vir `n 3de keer, maar moenie die deeg weer uitrol nadat die laaste smeer toegevou is nie.
  14. Draai die deeg in kleefplastiek toe en plaas oornag in die yskas.

VULSEL (genoeg vir 1 melktert)

500 ml volroommelk

2 pypkaneelstokkies

75 ml suiker

2,5 ml sout

15 ml botter of margarien

250 ml room

3 eiers, geskei

25 ml koekmeel

25 ml mielieblom

1 ml amandelgeursel

5 ml vanieljegeursel

1 ml suurlemoengeursel

eierwit vir bo-oor verf

1. Vulsel: Plaas helfte (250 ml) van die melk in ’n kastrol saam met die kaneel, suiker, sout , smeer en room.

2. Bring tot kookpunt, verwyder van hitte en laat staan vir 20 minute.

3. Verwyder die kaneelstokkies.

4. Voorverhit die oond tot 200 C. Smeer of spuit ’n blikbord van 23 cm met ’n wye rand.

5. Klits die eiergele, die orige (250 ml) melk, koekmeel, mielieblom en amandel-, vanielje- en suurlemoengeursel goed

saam tot daar geen klonte in is nie. (Gooi die eiergeelmengsel deur `n sif indien nodig.)

6. Klits die eierwitte styf en hou eenkant.

7. Gooi die afgekoelde melk-en-suikermengsel terug in kastrol en bring weer tot kookpunt. Verwyder van hitte. Gebruik

’n draadklitser en klits die eiergeelmengsel vinnig by die melk.

8. Plaas terug op stoofplaat, bring tot kookpunt en kook sowat 1 minuut tot verdik. Verwyder van hitte. Vou die eierwit

dadelik in die vulsel in met ’n draadklitser.

9. Deeg: Rol deeg uit tot 5 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak. Voer die blikbord met die deeg uit en sny deegrande

netjies af. Verf die boom van die deeg met ’n bietjie eierwit.

10. Skep die vulsel in die uitgevoerde blikbord.

11. Bak melktert dadelik vir 30-40 minute of tot opgepof en tot ’n bruin vlek bo-op verskyn.

12. Laat afkoel en sit voor.

Wenk:

Handtertjies:

Gebruik dieselfde vulsel om 48 handtertjies te maak. Voer 48 holtes van klein muffin panne met die deeg

uit. Skep die vulsel in en bak 15-20 minute teen 200 C of tot

gaar.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

You may also like

Leave a Comment