Welkom! Welcome!

by Cakebread November 2, 2016 6 comments
Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.
 Ons dra duidelik te veel verskillende hoede!
Ons het bewus geword dat diegene wat ons ken as kos-stiliste in die film industrie nie noodwendig weet van ons televisie werk nie. Die wat ons ken van televisie weet nie algar dat ons kook en bakboek skrywers is nie. Diegene wat ons kookboeke gebruik is nie bewus dat ons eintlik kos-stiliste en ontwerpers is nie.
Of dat ons nog vele meer resepte ontwikkel vir tydskrifte, `retail` en aanlyn-publikasies nie.
Of praatjies en opinies lewer oor toekomstige kos en gebak tendense nie.
Of geleenthede ontwerp vir kosproduk of media bekendstellings nie.
Of dat ons die mooiste kosstudio in Kaapstad het nie, met uitsigte oor berg, stad en see.
Of dat ons duisende kos, kombuis, gebak `props` het vir verhuring aan kunsdepartmente vir verfilming.
Ja, ons doen te veel dinge, maar ons glo dit is hoe ons ons kreatiwiteit die beste laat vloei.
Met hierdie webwerf probeer ons die kolletjies verbind en die sirkel voltooi en sodoende `n forum stig waar ons met almal van advertensie-agentskappe tot tuisbakkers kan gesels.
Ons het hope resepte en ander inhoud nog om te laai, en sal elke dag nog byvoeg tot hierdie blad. Intussen, voel asb tog vry om te vra as daar enige soorte resepte en inhoud is wat jy wil sien, en ons sal poog om dit eerste te laai.
`n Groot warm welkom aan almal, ons hoop om julle dikwels hier te ontmoet. Teken sommer vandag in.
Dankie @CuratorMediaZA ( Karen Taylor-Vermaak) dat jy die onmoontlike vermag het om saam met ons hierdie hibried webwerf/blog bymekaar te bring.

————————————————————————-

We wear too many hats. It has come to our attention that those people that know us as food-stylists in the film industry do not necessarily know about our television work. Those that know us from television do not know we are cookbook authors. Those that use our cookbooks do not know we are food-stylists and designers by trade.
Or that we develop many more recipes for magazines, retail clients and online publications.
Or offer talks on future food and baking trends.
Or design and style events for product and media launches.
Or have the most beautiful rentable kitchen studio in Cape Town.
Or thousands of kitchen related props for hire for film art departments.
Yes, we do too many things, but we believe that this keeps us fresh and really stirs up the creative juices.
With this site we aim to join the dots, complete the circle and find a forum to connect  with anyone from advertising agencies to home bakers.
We have a treasure chest full of content and will from today load new recipes and images every day, but in the meantime please feel free to request the type of recipes and other content you would like to see more of and we will gladly get those up first.
A warm welcome to our new home, we hope to have you around often so please subscribe today.
A huge thank you for @CuratorMediaZA (Karen Taylor-Vermaak) for helping us pull off the impossible in making our hybrid website-blog happen.

_mg_1633daniel5

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

You may also like

6 comments

Hanlie November 2, 2016 at 6:01 pm

Yeaaaaayyyy!

Reply
Edna Laubscher November 2, 2016 at 7:52 pm

Wow….kanne wag nie!!!!

Reply
Bettie de Kock Sandbaai November 3, 2016 at 4:29 am

Baie geluk met hierdie wonderlike Nuwe Baba! Net blessings julle toegewens.

Reply
Ira van der Watt November 3, 2016 at 6:40 am

Dankie dat julle al jul kennis en idees met ons gaan deel!! Julle 2 is n power team!! Baie geluk en sterkte vorentoe

Reply
Gezina Nieuwoudt November 3, 2016 at 7:07 am

dit gaan “great” wees!!!!!

Reply
Gezina Nieuwoudt November 3, 2016 at 7:11 am

great!!!

Reply

Leave a Comment